GOD SE GENADE SPREI OOR GRENSE HEEN

ON MY OWN ON A DESERTED ISLAND

“WHAT A MIGHTY GOD WE SERVE”!!!

“Eye has not seen, nor ear heard … the things which God has prepared for those who love him.” (1 Kor. 2:9)

ONS TREK!

Hallo Blokmaters.

Hoe ondeurgrondelik is Sy weë??????

My Ma het altyd gesê: “Ons wik, maar God beskik”.

“WAIT FOR GOD, WAIT ON GOD, WAIT WITH GOD” (A Ortlund)

Ek bars van opgewondenheid – hoe my Vader so kan voorsien. Ons dans oor en voor Hom en jubel en juig – Van Sy GOEDHEID wil ek hier getuig.

Bokka voel ons word oud en sy wil graag na ons omsien. So besluit ons vir ‘n 3de keer om weer te probeer om huis te verkoop. Alle vorige pogings so met jare tussenin, bly deure gesluit.

Maar ek gaan sommer heel voor begin:

Soos ‘n Storieboek MET ‘n gelukkige einde?

Vir ‘n paar dekades woon ek in ‘n groot voorstad, daar was goeie en seer jare. Toe besluit ek om ander weivelde te soek, moes besluit tussen George en Vereeniging. My werk sal vir die skuif betaal. Met goeie redes besluit ek op Vereeniging – ja van alle plekke. Nou ja toe, min wetende wat op my wag.

Selfs in hierdie besluit was daar alreeds wonderwerke. Koop ‘n woonstel en trek. Werk en bly lekker so op my eie. Ma na so ‘n paar jaar begin “retrenchments”, my hoof stel voor ek ga terug van wa ek kom, my “job” is veiliger da. Ma glo my ek sukkel om te verkoop en so ga ‘n jaar verby.

Op ‘n dag maak ‘n vriend (hy was ‘n goeie ou, ma ai sy vriende – ek weet nie so mooi nie – en die “cherry” op die koek hy vertel vir vriend diese tannie is ‘n bietjie groot – verbeel jou wat dink vriend????) ‘n voorstel om iemand aan my voor te stel. Uit ordentlikheid, soos Ma my geleer het, sê ek ma “OK”.

Kook ‘n bord boerekos vir vriend (liefde ga mos deur ‘n man se maag – gelukkig het hy nie ‘n boepie gehad). Vriend daag op en siedaar:

“The day was as balmy as summer, we felt like butterflies after a frost, and flattered about, enjoying the sunshine all day.” (LM Alcott)

So ontmoet ek my “sielsgenoot”, iets waaraan ek nooit geglo het nie (ai as mens maar net wag vir daai konneksie, sal jy nie so seerkry en verwerp word nie). 6Maande later is ons getroud in God se 3hoek (God ons Vader, Jesus ons Verlosser en Heilige Gees ons Trooster).

Hierdie jaar vier ons ons 10de sielsgelukkige herdenking, 24/7 bymekaar en rustig. (Soveel vrouens as manlief moet ophou werk sê hy gaan op hul senuwees werk, mens waardeer die tyd wat julle oorhet dis wonderlik om mekaar te kan aanvul en te geniet).

Die woonstel word dadelik verkoop, nogal aan die eerste persone wat belanggestel het, hulle moes eers hulle huis verkoop.

Binne ‘n jaar word my “Een-in-’n-Miljoen” se werksdae kortgeknip – salaristjeks hop, en so meer? Ek self het ophou werk, na ek my voertuig in ‘n ongeluk na Vêr–eeniging afgeskryf het. Met die fondse maar skraps, besluit ons om diè in ‘n 2de woning te belê. Stel belang in ‘n Wakakonstruksie – ga sien die mense, behoort nou aan iemand anders, maar hy wil verkoop. Nuwe prys R130 000, ons kan huisie kry vir R75 000, ma ga dink eers daaroor. Vlg. dag , hy het weer gedink (ja, so dink ons al2, dit was tè goedkoop?) julle kan die plekkie kry vir R50 000 (WOW) en hy sal dit skuif en kom oprig!

“God’s will is what He sovereignly purposes and plans, and as such it cannot be improved.” (JO Sanders)

Net my God – KAN SO VOORSIEN – met dit was ons gehad het kon ons als betaal – KONTANT – nou verhuur ons die voorste huis en het ‘n leefbare inkomste.

DIè LAASTE “MOVE”:  Na 4 verhurings, nader ons huidige huurder ons om te verkoop. Sy lening goedgekeur, als geteken – NOU SOEK ONS HUIS! (Almal weet wat dit beteken – FRUSTRASIE!!!!!)

So bid ons en besluit: 3 Slaapkamers, 2badkamers, 2 toesluitmotorhuise, ens. So gedaan, begin die soektog – ry heen-en-weer (pa en myself is nie by Bokka se dorp nie). Agente: “Vir wat julle soek, is julle prys te laag?” Maar ons het net soveel – moed word al laer, huisie word al kleiner?

NOU LUISTER HIERNA??? Bokka sit haar hart op “X” - ons ry verby “Y” ( “Y” is in die middel van diè twee – neem nie eens notisie nie) – ons sit ons hart op “Z”.

Deure bly toe, ry ma weer terug huis toe, na die naweek se gesoekery. Moed-verloor-se-vlakte, pa is nie meer lus nie, senuwees knaag, ons moet ‘n plek kry, ons moet trek!!!!! Ma troos: “Ons het gebid, Vader weet wat ons wil hê, ons MOET NET GLO!!!!

“Vader lag in Sy mou, julle plekkie is gereed, julle ry verby hom. Wees net geduldig: Ek sal OP DIE REGTE TYD julle daarheen lei.”

“We may not see the path, but the One who leads us, knows the way.” (PJ Stokes)

Maandag agtermiddag, skakel iemand om te hoor of ons al reggekom het, hulle het net die regte plek maar die prys R80 000 meer as wat ons kan insit – hy noem die naam – RAAI WAAR – reg in die middel:  x – Y – z. My maag trek ‘n knop – “Your ears shall hear a voice behind you, saying: “This is the way, walk in it”. (Is. 30:21)

Kan diè nag nie slaap nie, vlg môre “Google” ek “Y” en so wrintie daar is ‘n privaat (geen agente) ad – oumense wil verkoop. Opgewonde ry ons deur en voor ons oë: Kom Sy wonderwerk na vore. Presies waarvoor ons gevra het en in ons prysklas!

“I have taught you in the way of wisdom, I have led you in right paths.” (Prov. 4:11)

“Signed, sealed & bought!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

NOU PAK ONS – ga na ons aftreehuisie – GOD SE TYDSBEREKENING IS PERFEK!!

WAT ‘N GETUIENISNet voor EEN God sal ons buig en                                                                                            van SY Liefde getuig.

“For I know the thoughts & plans that I have for you, says the Lord, thoughts and plans for welfare and peace and not for evil, to give you hope in your final outcome”.

Prys Sy Heilige Naam: JESUS CHRISTUS ons Voorsiener.

BONDEL-DOGTERTJIE

HELL BOUND EXPRESS (ARE YOU ON THIS TRAIN?)

BOOZE & DREAMS?

EKSOTIESE DRANKIE

Dis ‘n eksotiese drankie

Van kleure en geure

Wat borrel en lewe

TOE VAL DIT OM!

WIE WAS SO DOM?

Glasskerwe,

wat ‘n gemors

Weg is die dors

Als bymekaar vee

Jy kan dit nie hou

Ook nie weggee

Dis ‘n taaiheid wat klou

‘n Geklingel in die drom

Jy staan verstom

Vergewe en vergeet

Dit weier soos ‘n neet

Die vaalkol op die vloer

Staar jou verwytend beloer

Skielik besef – als verby

Die politoer sal jy moet kry

Met elke poets

Kom die toets

Moet jy waag

Sal jy slaag

TOE VAL DIT OM!

WIE WAS SO DOM?

WAS JY DAAR VIR MY?

Tot die dood ons skei

Maar in die huwelik was jy daar nooit vir my

Beloof jul om aanmekaar getrou te bly

Getrou was jy tot ons baklei

En albei stilstuipe kry

Jou ry gekry, vergeet van my

In siekte en gesondheid

Wanneer ‘n pyn my byt

Het jy altyd verwyt

In welvaart en roem

Hier was die huwelik reeds gedoem

Vir welvaart was als gedoen

Maar saampraat en versoen

Is nooit probeer

Al het ek in liefde gekeer

Van al die gepraat

Met jou was daar geen raat

Vloek, skel baklei

Jy het maar altyd die probleem vermy

Jou sin wou jy kry

So is ons nou geskei

Die huwelik verby,

WANT IN DIE HUWELIK WAS JY DAAR NOOIT VIR MY